| Management number | 233576922 | Release Date | 2026/06/27 | List Price | US$6.90 | Model Number | 233576922 | ||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Category | |||||||||
Vrywilligerseenhede was ’n algemene verskynsel tydens die Anglo-Boereoorlog en Steinaecker’s Horse was een hiervan. Die eenheid word as ’n onkonvensionele militêre eenheid beskryf en daar word ook aangedui dat die eenheid, in teenstelling met ander eenhede, hom nie aan die streng militêre dissipline gesteur het nie. Hoe het hierdie gebrek aan dissipline hul daaglikse lewenswyse beïnvloed en wat kan ons hieruit aflei?Steinaecker’s Horse: ’n Histories-Argeologiese rekonstruksie gee ’n kykie in die bestaan van hierdie vrywilligerseenheid. Historiese navorsing en argeologiese opgrawings van terreine in die Nasionale Krugerwildtuin wat deur Steinaecker’s Horse as kampe gebruik is, gee waardevolle inligting omtrent die eenheid se doen en late. Daarbenewens word die invloed wat die eenheid op die ontstaan van die wildtuin uitgeoefen het, ook bespreek.Hoewel historiese navorsing al oor verskeie vrywilligerseenhede gedoen is, word argeologiese data in hierdie werk aangewend om die storielyn aan te vul. Argeologiese artefakte en deeglike terreinopmetings verskaf ’n unieke blik op die vryetydsbesteding en daaglikse aktiwiteite van die soldate en bied ’n akkurate rekonstruksie van die eenheid se lewenswyse.Maak jou reg vir ’n geskiedkundige reis deur een van die merkwaardigste vrywilligerseenhede van sy tyd. Beleef die oorlogservaring van Steinaecker’s Horse deur die afbeeldings van die voorwerpe wat by hierdie terreine ontdek is.Oor die skrywerProf. Anton Carl van Vollenhoven is ’n bedrewe navorser. Hy het verskeie grade in argeologie, geskiedenis en kultuurgeskiedenis cum laude verwerf. Tans is hy ’n erfeniskonsultant en direkteur van Archaetnos Argeoloë. Hy is ook ’n buitengewone professor in geskiedenis aan die Noordwes-Universiteit.Tussen 2002 en 2007 dien hy as adjunkbestuurder van Museums en Erfenis by die Stad Tshwane. Hy dien ook op die rade van verskeie vakwetenskaplike verenigings en instansies soos museums en erfenisowerhede. Hy is tans onder meer lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Geskiedeniskommissie.Anton het ’n NRF C2-navorsingsgradering en is die skrywer van 47 wetenskaplike en 66 populêre artikels en meer as 1 232 ongepubliseerde navorsingsverslae. Hy is outeur van 14 boeke en het reeds meer as 89 referate by nasionale en internasionale kongresse gelewer. Read more
| ASIN | B0FS7GZ19L |
|---|---|
| Format | Print Replica |
| ISBN13 | 978-1067221409 |
| Language | Afrikaans |
| File size | 99.3 MB |
| Page Flip | Not Enabled |
| Publisher | Lig in Duisternis Uitgewers |
| Word Wise | Not Enabled |
| Print length | 208 pages |
| Accessibility | Learn more |
| Publication date | September 22, 2025 |
| Enhanced typesetting | Not Enabled |
If you notice any omissions or errors in the product information on this page, please use the correction request form below.
Correction Request Form